Ena Murray Omnibus 26
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
R50.00
Out of stock
Out of stock
Skaduwees van gister
Matrone Anmar Cloete se wêreldjie het in die vyf jaar sedert haar verbreekte verlowing gekrimp tot die paadjie tussen haar woonstel en die hospitaal. Die enigste mens teenoor wie sy in hierdie tyd soms haar masker van kille professionaliteit laat sak het, is Oudokter. Want hy het haar verlede
geken; dis deur sy toedoen dat sy die pos as matrone by die hospitaaltjie op Kruisrivier bekom het. Maar nou het ‘n amper noodlottige hartaanval ‘n einde aan Oudokter se lang loopbaan gebring. En Anmar het haar enigste vriend in die hospitaal – eintlik in die hele Kruisrivier – verloor.
Hoe groot die omwenteling in haar lewe gaan wees, kom sy eers agter toe die nuwe superintendent binne ‘n enkele dag die hele hospitaalroetine radikaal verander, en haar pos oornag omtrent oorbodig maak! Sy raak al hoe meer verward. Hoe moet sy dokter Paul van Drüten se openlike afkeer van haar vertolk? Waarom vind hy fout met alles wat sy doen?
En asof dié spanning nie genoeg nie, moet sy hoor dat hy ‘n nuwe aanstelling gedoen het: dokter Clive Coertze, haar gewese verloofde!
Die geleende bruid
Toe Charmain van Rhijn ná maande van onsekerheid oor haar man, Arnold, se verdwyning besluit om by sy ouerhuis te gaan aanklop om hulp, bevind sy haar skielik in die makaberste situasie denkbaar. Met haar aankoms op die indrukwekkende Van Rhijn-landgoed moet sy hoor dat Arnold pas verloof geraak het aan sy jeugvriendin! Dít is die rede vir die swierige party waarby sy onwetend as ongenooide gas opgedaag het.
Voor sy nog weet hoe om op dié skoknuus te reageer, stel Arnold se broer, Ewert, haar aan die gaste voor as sy vrou. In totale verslaenheid luister sy hoe hy verduidelik dat hulle twee ‘n jaar tevore tydens sy vakansie in Johannesburg getroud is, op die wittebrood stry gekry het, en dat hy daarom alleen teruggekeer het plaas toe en nooit ‘n woord oor haar bestaan gerep het nie.
Toe Ewert haar onmiddellik daarna aan haar eie man voorstel asof hulle wildvreemdelinge vir mekaar is, en Arnold haar beleef groet sónder om haar as sy wettige vrou te erken, besef sy dat daar ‘n groot skroef los is.
Bruid van die Heerengracht
Toe die aantreklike graaf Egmond du Brecy met die Nederland in die Kaap aankom, is die hele nedersetting in rep en roer. Die moeders van hubare dogters laat dadelik kleremakers kom. Elkeen wil hê háár dogter moet die mooiste lyk op die goewerneur se bal ter ere van die vername vreemdeling, want hulle weet as enigste ertgenaam van die gestorwe graat Du Brecy sal hy binnekort ‘n baie vermoënde man wees.
Maar op die aand van die bal daag daar nóg ‘n vreemdeling op. Hy stel homself as graaf Pierré du Brecy voor, en dring daarop aan dat hý die ware erfgenaam is …
Vir Anne Mie Tredoux, pleegdogter van die egpaar wat in diens van die ou graaf Du Brecy gestaan het, is die situasie wat die Kaap aan die raai het, egter glashelder. Die man wat hom as Egmond du Brecy voordoen, is ‘n bedrieer, want die ou graaf het self aan haar vertel dat sy enigste seun jonk dood is!
Maar wie ís hierdie jong man dan? En waarom voel sy van meet af so sterk aangetrokke tor hom? Só sterk dat sy téén haar beterwete inwillig om hom te help met sy plan om hom op Pierré du Brecy te wreek?
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Potchefstroom.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm