Ena Murray Omnibus 24
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Groot Sagteband
Toestand: Baie Goed
R50.00
Out of stock
Out of stock
Agter die masker
Die beeldskone Tania Roux word ná ‘n afskeidspiekniek feitlik onherkenbaar in ‘n motorongeluk vermink. Maar dit is nie net haar gesig en hande wat ernstig beseer is nie, ook haar gees het ‘n groot knou gekry.
Tydens die lang maande in die hospitaal ondervind sy vir die eerste keer wat pyn werklik is, en hoe haat in ‘n mens se siel kan invreet. Want dit wat sy voel teenoor Kempen Kirsten, die man wat agter die motor se stuur was, is meer as net woede. Dit is deur sy toedoen dat sy haar geskende gesig agter ‘n masker moet verberg sodat mense nie in afgryse moet staar of wegdraai van haar nie; dat haar loopbaan as pianiste nou verwoes is; dat haar
jeugvriend, Ken Mouton, hul verhouding verbreek en met haar boesemvriendin, Lorna Kielblock, getrou het.
Agt jaar lank sonder Tania haar totaal af van ander mense, teer sy op haar wraakgedagtes teenoor Kempen Kirsten totdat sy uiteindelik deur geldnood gedwing word om terug te keer na haar geboortedorp, waar Kempen Kirsten as prokureur praktiseer en waar Ken en Lorna nou as man en vrou woon…
Bruid uit die vreemde
Toe die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye ‘n brief van haar tweelingbroer uit die Verre Kaap de Goede Hoop ontvang, is sy oorstelp van vreugde. Sedert sy verdwyning twee jaar tevore het sy begin glo dat hy dalk ook, soos haar pa, deur die gevreesde Estienne de Savoye vermoor is.
Sy haat dié aanmatigende burgerlike met haar hele wese. Jare voor haar pa se dood het hy, ‘n eenvoudige padwerker met ‘n onwaarskynlike naam, die gerug begin versprei dat hy die ware graaf De Savoye is; dat Jacqueline se pa sy ouers laat vermoor het en sy erfenis gesteel het. En toe sy daardie Oujaarsnag by haar ouerhuis opdaag en haar pa in ‘n plas bloed in sy studeerkamer aantref, het sy geweet dat slegs een mens vir dié gruweldaad verantwoordelik kan wees. Maar toe die geregsdienaars na Estienne de Savoye begin soek, het hy – én haar broer Jacques – spoorloos verdwyn.
Dit is eers toe sy reeds meer as die helfte van die bootreis na die afgeleë suidpunt van Afrika afgelê het, dat sy besef dat sy dalk oopoë in ‘n lokval inloop.
Haar grootste offer
Toe dokter Ben Roux sy skoonouers inlig dat hy wil terugkeer na sy geboortedorp om daar te gaan praktiseer – met óf sonder hul dogter – is dit nie werklik ‘n skok vir Marlene nie. Hy dreig al ‘n hele ruk met dié plan, maar sy kan nie glo dat hy hul huwelik aan so iets sal blootstel nie. Reeds voor hul troue twee jaar tevore het hy tog al gewéét dat sy ‘n stadsmens is, dat sy nooit as te nimmer haar op so ‘n agterlike gehuggie sal gaan begrawe nie.
Maar toe Ben wel sy dreigement uitvoer en sonder haar na sy geboortedorp vertrek, begin Marlene bekommerd raak. Haar trots weerhou haar aanvanklik daarvan om hom te kontak, al verlang sy intens na hom. Kort voor lank besef sy egter dat sy Ben sal móét kontak.Sy is vier maande swanger.
Maar toe sy wel haar moed bymekaarskraap en hom bel, moet sy hoor dat hy reeds ‘n egskeiding aanhangig gemaak het…
Delivery Options
Build a Bundle
To save on shipping you can buy books and when you are ready, you pay for the shipping and we send all your books at once.
Paxi (Pep to Pep)
Standard Bag R60: delivery within 7 – 9 days to a Pep near you.
Pudo (Locker to Locker)
We will send your package to the nearest locker of your choice.
Aramex (Store to Door Courier)
Convenient delivery to your door.
Collection
Collect your package from our address in Doornpoort, Pretoria.
Description of book condition:
New – Brand new and unread book.
As New – A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good – Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good – Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair – Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn – Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a “reading copy”). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.
Beskrywing van boeke se toestand:
Nuut – ‘n Nuwe, ongeleesde boek.
Soos Nuut – ‘n Tweedehandse boek wat nog maklik vir ‘n nuwe een kan deurgaan,
Baie Goed – Die boek wys minimale verweer,
Goed – Die boek wys sigbare verweer, maar niks ernstigs nie.
Redelik – Die boek wys duidelike leesverweer, veral op die omslag, maar is steeds stewig en heel.
Verweerd – Die boek wys ernstige verweer, maar is steeds heel en heeltemal leesbaar (ons noem dit ‘n “leeskopie”). Geen bladsye is los nie.
Book Formats
Paperback: Mass market paperback, roughly 180mm x 110mm
Medium Softcover: Larger paperback, roughly 200mm x 130mm
Large Softcover: also called a “Trade Paperback”, roughly 235mm x 155mm
Medium Hardcover: Hardcover book, roughly 200mm x 130mm
Large Hardcover: Hardcover book, roughly 235mm x 155mm